NLIGTINGSENTRUM

 

REKENAARAFDELING

 

Mikro beskik oor ´n netwerk met 40 rekenaars in ons inligtingsentrum.  Hier woeker ons met projekte, take en huiswerk!!  ´n Skandeermasjien (scanner) en twee drukkers is tot die leerders se beskikking.  Ons beskik ook oor ons eie, unieke Intranet waarop inligting geplaas word wat van toepassing is op ons leerders se skoolwerk.  Daar word nie slegs skoolwerk hierop geplaas nie, maar ook inligting rakende interessante gebeurtenisse in ons wêreld!  Elke klas word die geleentheid gebied om een maal per week die sentrum te besoek en onderrig hier te ontvang.  Dan word hulle weggevoer in ´n wêreld van tegnologie, waar ´n besoek aan 'n kasteel of selfs die ruimte slegs ´n muiskliek vêr is!

 
BOEKAFDELING

     

Laerskool Mikro het ´n uitgebreide boekafdeling wat goed toegerus is met naslaanbronne, vaklektuur en verhalende lektuur in Afrikaans sowel as Engels.  Leerders gebruik dit wanneer hulle inligting soek vir take en om te lees vir genot.  Die Burger is elke dag tot die leerders se beskikking, sodat hulle insae kan hê in die dag se nuusgebeure.  Ons het ´n fotostaatmasjien waar leerders fotostate uit boeke kan maak vir hul take.

Die inligtingsentrum is oop vir die uitneem en gebruik van boeke tydens eerste en tweede pouses.  Dit is ook Maandae tot Donderdae in die middae oop tot 15:30. Die mediaspan bestaan uit drie opvoeders waarvan een voltyds aan diens is en ´n groep mediaprefekte wat hulp verleen.

CHRISTIEN NESER BESOEK ONS SKOOL

Christien Neser het ons skool op Vrydag, 10 Februarie 2017 besoek en vir ons kom leer dat boeke 'n mens slim maak.  Sy werk deeltyds as Spraakterapeut en skryf tussendeur.  Christien is onder andere skrywer van die bekende Elle-reeks (Koshuiskoffie, Blou sjokolade, ens.).  Ons leerders het haar besoek terdeë geniet.  Hulle het selfs in hul eie boeke daaroor geskryf!

Christien Neser sê dat dit IN is om te lees.  Ons kry intelligensie, insig, interessantheid, inspirasie en inligting wanneer ons lees.

BOEKEWEEK 2017

 

CARINA DIEDERICKS BESOEK LAERSKOOL MIKRO TYDENS BOEKEWEEK

Laerskool Mikro het Boekeweek gevier vanaf 22 tot 26 Mei 2017.  ’n Feestelike atmosfeer het geheers en die hele week was daar heerlike LAPA-boeke deur Taberna verskaffers te koop.   Die eerste 50 lesertjies het elk 'n Speurder ID-kaart ontvang en die hele week was daar heerlike boeke te koop.

 

Die bekende skrywer van die Thomas.net-reeks, Carina Diedericks, het Laerskool Mikro op Dinsdag, 23 Mei 2017 besoek.  Carina het in 2012 ‘n ATKV -kinderboektoekenning ontvang vir die boek Permanente Ink.  Sy ontvang in 2006, 2007 en 2008 dieselfde toekenning vir This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it., This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. en This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..  Haar lesers kon nie genoeg van Thomas en sy vriende se avonture kry nie en sodoende is die Thomas@-TV-reeks verfilm.

Ons graad 4 tot 7-leerders het aan haar lippe gehang om meer van Thomas se avonture te hoor.  Tydens die ondertekening van Carina se boeke kan ‘n mens op die kinders se gesiggies sien dat hulle haar besoek ongelooflik baie geniet het. 

Laerskool Mikro se eie ewebeelde van die ses hoofkarakter uit die Thomas@-reeks by Carina.  V. l. n. r. Agter: Johané de Goede (Alex), Armand Els (Lukas) en Carina Diedericks.

V. l. n. r. Voor: Deoné Dick (Lillian), Jordan Alexander (Thabo), Dhandré van Loggerenberg (Thomas) en Joubert Coetzee (Hannes).

 

Op die foto v.l.n.r.: Mnr. Nico Siebrits (Adjunkhoof), Me. Liesbet Gelderblom (LAPA verteenwoordiger), Carina Diedericks, Marindie Maddison (Kuilsrivier Openbare Biblioteek), Claudia Lombard (Ouer),  Stephanie van Wyk (Inligtingsentrum koördineerder),  Mnre. Louis Mouton (Skoolhoof), Johan Vermeulen (Opvoeder),  Lynette la Grange (Kommunikasiebeampte) en Theresa Swart (Taberna Educational Supplies). 

Mev. Theresa Swart (Taberna Educational Supplies) het die heerlikste boeke gebring wat ons harte blygemaak het!

       
       
Die wenner van ons boekekompetisie vir Gr. 1, Stehan Mulder.   Die wenner van ons boekekompetisie vir Gr. 2, Janco Olivier.  
       
       
       
Die wenner van ons boekekompetisie vir Gr. 3, Emily Woods.   Die wenner van ons boekekompetisie vir Gr. 4 en 5, Tehillah van Wyk.
     
   
     
Die wenner van ons boekekompetisie vir Gr. 6 en 7, Kayla Reyneke.