KUNS

Kuns en Mikro is sinoniem.


 

Al die graad 1 tot 7 leerders ontvang weekliks kunsonderrig by kunstenaar en skilder, Suzanne Lategan.

2016 KINDERKUNSUITSTALLING TYDENS JONGTONGFEES


 
Laerskool Mikro se driejaarlikse kinderkunsuitstalling het vanaf 24 tot 27 Oktober in ons skoolsaal plaasgevind.  Meer as 400 twee-dimensionele en 260 drie-dimensionele kunswerke van 300 leerders is uitgestal.  Dit sluit pottebakkery en skilderye in.  

Hartlik geluk aan me. Suzanne Lategan (kunsonderwyseres) en ons leerders!