REDENAARS

Ons leerders neem jaarliks deel aan die verskeie redenaarskompetisies, die De Kuilen-sport en kultuurnaweek, asook Eisteddfods.
 
Daar word ook gereeld in graadverband kompetisies gehou.  Leerders doen uitstekend op al hierdie terreine en lewer gereeld wenners op.

 

ATKV REDENAARSKOMPETISIE

  

Daar het 12 van Laerskool Mikro se leerders aan die landswye kompetisie deelgeneem.  Almal het die tonge laat klap met die lewer van hul toesprake.  Twee van ons leerders het deurgedring na die semi-finale rondte waar al die beste redenaars in die Wes-Kaap deelgeneem het.   Janco du Plessis (gr. 3) en William Graham (gr. 5) het albei beïndruk met hul skerp sin vir humor tydens hul toesprake.  William Graham het ‘n 4de plek behaal.  Ons is trots op hierdie uitstekende prestasie.