ATLETIEK


  
Laerskool Mikro beleef in 2017 ´n baie goeie atletiekseisoen met pragtige prestasies wat by die baan- en veldnommers gelewer is.

 

WP ATLETIEKSPAN

Hierdie vier atlete is in die WP-atletiekspan opgeneem. Hulle het op Saterdag, 11 Maart 2017, aan die Wes-Kaap-kampioenskappe by die Dal Josafat-stadion in die Paarl deelgeneem.  Op die foto verskyn v.l.n.r.: Liam van Rooyen, Lisa Terblanche, Isabella Nel en Kayla Reyneke. 

KLEURATLETIEKBYEENKOMS 2017

Die atletiekprogram het 2017 as volg verloop:
    
Op Vrydag 20 Januarie 2017 en Saterdag 21 Januarie 2017 vind ons keuratletiekbyeenkoms met baan- en velditems onderskeidelik, plaas. Die eerste twee atlete (O/10 tot O/13) by elke item (baan- en velditems) het gekwalifiseer om aan die Groepbyeenkoms deel te neem.

Junior Victrix Ludorum

 

 Junior Victor Ludorum

 
       
   
       
Emily Woods het die Junior Victrix Ludorum beker tydens die byeenkoms verower.   Adriaan Botha het die Junior Victor Ludorum beker tydens die byeenkoms verower.  
       

Senior Victrix Ludorum

 

Senior Victor Ludorum

 
       
     
       
Isabella Nel het die Senior Victrix Ludorum beker tydens die byeenkoms verower.    Ruan Viviers het die Senior Victor Ludorum beker tydens die byeenkoms verower.   
       

TROFEEWENNERS

     
       
     
       
Therina De Bruin het die Stefan de Villiers Trofee ontvang vir die beste middelafstand atleet.     Lisa Terblanche het die Lombard Trofee ontvang vir die beste prestasie in baan– en velditems vir dogters.  
       
   
       
Liam van Rooyen het die De Kock Trofee ontvang vir die beste prestasie in baan– en velditems vir seuns.    Isabella Nel het die Marie Hurter Trofee ontvang vir die beste dogtersprestasie in spronge.   
       
   
       
Liam Van Rooyen het die Rocco van Rooyen Trofee ontvang vir die beste seunsprestasie in 'n werpnommer.   Lisa Terblanche het die Ronnie de Bruyn Trofee ontvang vir die beste dogtersprestasie in 'n werpnommer.  
       
     
       
Ruan Viviers het die Willie van Zyl Trofee ontvang vir die beste seunssprestasie in spronge.       

INTERHUIS KOMPETISIE

 

Die BLOU SPAN het die sangtrofee verower en ook as algehele wenner uit die stryd getree.