ANDER SPORTSOORTE

SUID SONE GIMNASTIEK

Danika Swift (silwer medalje) en Ben van Wyk (brons medalje) het aan die Wes-Kaap Gimnastiekassosiasie se Distriksproewe vir vlak twee deelgeneem.  Beide gaan op 24 Junie 2018 aan die Suid-Sone Gimnastiekkompetisie by die Wes-Kaapse Sportskool in Kuilsrivier deelneem waar hulle die Kaapstad-distrik sal verteenwoordig.

WES-KAAP JUDO

Aldrich Traut het aan verskeie Judotoernooie deelgeneem en die volgende uitslae is behaal: Cape Winelands Ope Judo toernooi (goud), Wes-Kaap Ope in twee gewigsafdelings (beide goud).  Hy is ook gekies om aan die SA-toernooi, wat gedurende die Julie-vakansie in Port Elizabeth plaasvind, te gaan deelneem.  

BOLAND O/13 ONDERWATER HOKKIESPAN

 

Carlie en Wilmie Meintjes is gekies om die Boland O/13 Onderwater hokkiespan tydens die Nasionale Jeugtoernooi te verteenwoordig.  Hierdie toernooi het vanaf 8 –10 Maart 2018 in Potchefstroom plaasgevind. 

WES-KAAP YSSKAATSSPAN

Emma Johnson het Wes-Kaap kleure behaal in Ysskaats.  Sy het die naweek van 7 tot 8 Mei aan die Nasionale kompetisie (South-Africa National Figure Skating Championships) in Pretoria deelgeneem.