HOKKIE

HOKKIE as wintersport is ideaal vir die leerders wat aan geen ander wintersport deelneem nie.  Tog word die sportprogram ook so saamgestel dat leerders wat aan rugby/netbal deelneem, ook in die tweede en derde kwartaal kan hokkie speel.  

Seuns en dogters kan HOKKIE speel vanaf graad R – graad 7.  Weeklikse vaardigheidsoefeninge word vir gr. 1-2 aangebied.  0/9, 0/10 en 0/11 speel mini-hokkie, terwyl 0/12 mini/volveld hokkie en 0/14's volveld hokkie speel.  

Leerders wat dus vanaf Mikro na 'n hoërskool toe gaan, is toegerus met die nodige hokkievaardighede.  MIKRO-HOKKIE nooi almal uit om bykomende vaardighede te kom ontwikkel, sportmanspret te kom ervaar en bowenal nuwe vriende te kom maak.  Ouers is ook welkom om as hulpafrigters by die sport betrokke te raak.   

SUIDELIKE O/13 HOKKIESTREEKSTOERNOOI

 

Cara Franken is in die Durbell Hokkie Sone-span opgeneem is. Sy neem deel vanaf 4—8 Julie 2018 in George. 

NASIONALE O/12 BINNENSHUISE HOKKIE

 

Barend Geldenhuys het die afgelope naweek aan die Nasionale Binnehuise hokkiekompetisie in Durban deelgeneem.  Barend was die Kaptein van die O/12 Boland Binnenshuise “Scorpions” – hokkiespan.  Hulle het ‘n algehele derde plek behaal.