KRIEKET

WP O/10 Binnenshuise krieketspan  

 

Luke Giles (Gr. 3) en Cole Bartlett (Gr.4) het beide silwer medaljes by die WP O/10 Binnehuise krieketliga-toernooi ontvang.  Hulle het ook WP-kleure verwerf.  Gedurende die Maart/April skoolvakansie het hulle die WP O/10 Binnehuise krieketspan verteenwoordig by die Nasionale Juniortoernooi in Pretoria.  Die toernooi was gehou vanaf 2 tot 7 April 2018 en hulle span het ‘n vierde algehele plek behaal.

KFC MINI-KRIEKETTOERNOOI

116 Krieketspanne (O/7, O/8 en O/9 spelers) uit 24 skole het op Saterdag, 5 November 2016 aan bogenoemde kriekettoernooi op ons velde en die aangrensende openbare park deelgeneem.  Spanne kom so ver as Vredenburg, Caledon, Hermanus en Malmesbury om deel te neem.  Dit is ons grootste buitelug byeenkoms van die jaar.  Baie dankie aan KFC Kuilsrivier wat die dag geborg het.  Ons glo dit is die grootste mini-krieket-toernooi in die land indien nie in die wêreld nie!