NETBAL

By Laerskool Mikro beoefen ons Mini-netbal van O/7 tot O/9 en Netbal van O/10 tot O/13. Ons streef na massadeelname om sodoende elke leerder die geleentheid te gee om sy volle potensiaal te bereik.  Die entoesiastiese afrigters woon gereeld afrigtingskursusse by en daarom spog ons met afrigting van hoë gehalte. 
       

´n Kombinasie van goeie afrigting en speeltalent het gelei tot die oplewering van verskeie provinsiale speelsters asook ´n Springbok-speelster nl. Benita van Zyl.  Ons gaan poog om in die jare wat kom hierop voort te bou.  Netbal is nie net harde oefening nie, maar kan ook baie pret wees.

O/13 AKSIENETBALSPAN BEHAAL SILWER

Hierdie O/13 Aksienetbalspan het ‘n tweede plek (silwer medalje) in hul liga behaal.  Op die foto v.l.n.r.: Zané Wilson, Anja Oosthuizen, Anzé du Toit, Anke Dippenaar, Zani Hattingh, Myna-Mari Lambrechts en Chanté Kruger.

O/12 AKSIENETBALSPAN BEHAAL SILWER

 

Hierdie O/12 Aksienetbalspan het ‘n derde plek (brons medalje) in hul liga behaal.  Op die foto Agter v.l.n.r.: Cara Franken, Mi-Jean Kleynhans, Megan van Niekerk en Nadia Niemand.  Voor v.l.n.r.: Annique Louw, Jani Snyders, Alana Jonas en Kayleigh Visser.


WP EN WES-KAAP NETBALSPAN     

Zané Wilson (7.1) is in die O/13 WP Disa netbalspan opgeneem en Lisa Terblanche (5.1) is in die o/11 WP Netbalspan opgeneem. Hulle gaan vanaf  20 tot 22 Julie in Wellington deelneem aan die Wes-Kaap Inter-Distriktoernooi.

WP O/12 EN O/11 NETBALSPANNE

 

   

BARLOWORLD TOYOTA WES-KAAP NETBAL UITKLOPTOERNOOI:

Die Barloworld Toyota Wes-Kaap Netbal uitkloptoernooi is op 5 September op ons skoolterrein aangebied.    Ons O/10A netbalspan onder leiding van me. Sunelle Morren was die naaswenner in die plaatkompetisie. 

 

Ons O/11A netbalspan onder leiding van mev. Annarie Spreeth het die tweede plek in die trofeekompetisie na Laerskool Kenridge behaal.