RUGBY
As karakterbouer is daar weinig sportsoorte wat rugby kan klop. Nie alleen is dit ‘n uiters mededingende sport nie, maar dit kweek ook by die leerders:
selfdissipline
selfbeheersing
kameraadskap
gesonde menseverhoudinge
deursettingsvermoë
KOMPETISIE
VOORAFBEPAALDE WEDSTRYDPROGRAMME word twee maal per jaar vanaf Westelike Provinsie Laerskole Rugby-unie ontvang waar daar dan meegeding word teen naburige skole asook teen skole vanuit agtergeblewe gebiede. Ekstra wedstryde word op SPORTDAE (2 per kwartaal) aangebied terwyl dit afrigters vry staan om nog verdere uitnodigings te aanvaar.
SPANNE
Spanne neem in die volgende ouderdomsgroepe deel en soveel moontlik spanne word die geleentheid gebied om in daardie ouderdomsgroep deel te neem:
O/7
O/8
O/9
O/10
O/11
O/13
AFRIGTING
Afrigting word hoofsaaklik deur ONDERRIGPERSONEEL gedoen. Tans maak die skool egter ook van buite-afrigters soos OUERS en STUDENTE gebruik.
BARLOWORLD TOYOTA WES-KAAP UITKLOPTOERNOOI:
Die eerste Sewestoernooi is op 1 September 2001 aangebied. Dit is deur WES-KAAP TOYOTA geborg. Die toernooi behels ´n Trofee- en Plaat-kompetisie vir 0/10, 0/11 en 0/13 spelers. Dit vind jaarliks na afloop van die Laerskole rugbyseisoen plaas.