TENNIS

Tennisorganiseerder:  Mnr. Johan Vermeulen

WES-KAAP DISA TENNISSPANNE 2017

Barend Geldenhuys en Zané Wilson het in Desember aan die WP Tennisproewe deelgeneem.  Barend is opgeneem in die O/11 en Zané in die O/13 Wes-Kaap Disa Tennisspanne.

Chanté Kruger is opgeneem in die O/13 WP Disa-tennisspan.

MINI-TENNIS

Gr. 1 en 2-leerders word aangemoedig om gedurende die eerste en die vierde kwartaal balvaardighede aan te leer en goeie oog-hand-koördinasie word deur speletjie-aktiwiteite vasgelê.  

SENIOR TENNIS

Gr. 4 tot 7-leerders word by tennis betrek tydens die 1ste en die 4de kwartaal. Daar vind by die Gr. 4 tot 7-leerders tennisafrigting plaas op Maandae en Donderdae.   Die tennis bestaan uit 2 groepe met oefensessies van 45 minute elk.  Die meer gevorderde spelers (spanspelers) ontvang professionele tennisafrigting by Mnr. Ryno Bruwer.  Hulle oefen Dinsdae van 14:15 - 15:00.  Ongeveer 7 wedstryde word per kwartaal gespeel.  Dit vind op 'n Woensdag plaas.

 

                                                      

Mnr. Ryno Bruwer het in die vierde kwartaal by ons begin en behartig vir Toro Tennis Akademie al die Beginner, Intermediêre en Gevorderde groepe.  

Mnr. Bruwer is ook in beheer van die oefeninge van die skool se tennisspan.

Hy bied private, asook groeplesse aan bo en behalwe die skooltennis en kan gerus gekontak word vir meer besonderhede oor ekstra tennisafrigting by 072 363 9977 of This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

KFC TENNISTOERNOOI:  14 EN 15 OKTOBER 2016

Laerskool Mikro het in samewerking met KFC op 14 en 15 Oktober ‘n jaarlikse tennistoernooi aangebied vir die omliggende skole.  Die toernooi is ‘n gesogte geleentheid vir ons talentvolle spelers op die tennis kalender.  Paarl Primêre Seunskool en Paarl Primêre Meisiesskool het 'n gekombineerde span ingeskryf en was die wenners van die trofeekompetisie, met Laerskool Stellenbosch as die naaswenner.  Laerskool Gene Louw was die wenner van die plaatkompetisie, met Laerskool Mikro as die naaswenner.

Wenners van trofeekompetisie: Paarl Primêre Seunskool en Paarl Primêre Meisiesskool

Wenners van plaatkompetisie: Laerskool Gene Louw

Naaswenners van trofeekompetisie:  Laerskool Stellenbosch 

Naaswenners van plaatkompetisie:  Laerskool Mikro