KUNS

Kuns en Mikro is sinoniem.


Al die graad 1 tot 7 leerders ontvang weekliks kunsonderrig by kunstenaar en skilder, Suzanne du Plessis.

Pablo Picasso het gesê: “Elke kind is ‘n kunstenaar”. By Laerskool Mikro kry elke leerder die geleentheid om hul kreatiwiteit uit te druk.  Kuns is so ‘n belangrike deel van die ontwikkelingsfase van ‘n kind en hier ag ons daardie aspek as baie belangrik.

UITSTAANDE KUNSWERKE

 

Wilmie Meintjes

 

Yanick Genis

Wilmie Meintjes in graad 7 en Yanick Genis in graad 3 is twee van 16 leerders in die distrik wie se kunswerke gekies was om in Oktober 2019 by die Zeitz Moccaa kunsgalery by die Waterfront in Kaapstad uitgestal te word.  Hulle het deelgeneem aan ‘n jaarlikse kompetisie wat deur die WKOD aangebied is.

 

KINDERKUNSUITSTALLING TYDENS JONGTONGFEES


 
Laerskool Mikro bied driejaarliks ‘n groot kinderkunsuitstalling aan tydens die Jongtongfees, ‘n kultuurfees waar ons spog met ons leerders se kultuurtalente. Die kinderkunsuitstalling sluit twee- en driedimensionele kunswerke soos pottebakkery in.

 

 

  

 

 

 

Willie Bester 

Willie Bester, die plaaslike internasionaal bekende kunstenaar, besoek Laerskool Mikro tydens die onthulling van 10 nuwe kunswerke wat vir die skool se inligtingsentrum gemaak is.